Isaiah 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat my volk betref, kinders is hulle onderdrukkers, en vroue heers oor hulle. O my volk, die wat jou lei, laat jou dwaal en die pad van jou paaie verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011
Kinders verdruk my volk en vroue heers oor hulle. My volk, julle leiers vat julle op die verkeerde pad, na julle vernietiging toe.
Afrikaans 1933/1953
Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.
Afrikaans 1983
My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My volk – sy verdrukkers is geweldenaars, skuldeisers heers oor hulle. My volk, jou leiers lei jou op 'n dwaalweg; oor die rigting van jou paaie is hulle in die war.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Kinders en vroue verdruk my volk en hulle regeer oor my volk. Die mense wat vir my volk die regte pad moet wys, laat hulle verdwaal.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Fortuinsoekers en afpersers buit my volk uit. My volk, jou leiers is besig om jou te mislei en jou van koers af te bring.