Isaiah 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder sê die HERE: Omdat die dogters van Sion hoogmoedig is en met uitgestrekte nekke en los oë wandel, terwyl hulle loop en maal terwyl hulle gaan, en met hul voete rinkel.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder sal die Here ’n oordeel uitspreek oor die vroue van Jerusalem, wat met hulle neuse in die lug rondloop, met ringe wat rinkel aan hulle enkels. Hulle oë soek tussen die skare, hulle flankeer met elke man.
Afrikaans 1933/1953
Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
Afrikaans 1983
Verder het die Here gesê: Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig is en kop in die lug rondloop terwyl hulle ogies maak, wegstap met trippelgang en hulle enkelringe laat rinkel,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê: “Omdat die vroue van Sion hovaardig is, met uitgestrekte nek rondloop, en met verleidelike oë al trippelend wegstap, met ringe wat klingel aan hulle enkels,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook gesê: Die vroue in Jerusalem is hoogmoedig. Hulle loop neus in die lug en swaai hulle heupe. Hulle kyk vir die mans en knip hulle oë, hulle skud die ringe om hulle enkels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna sal die Here die vroue van Jerusalem aankla: “Kyk net ’n bietjie hoe verwaand is die vroue van Jerusalem. Hulle loop neus in die lug en knipoog skelm vir die mans om met hulle rond te flerrie. Hulle gee sulke klein trippeltreetjies om die ornamente om hulle enkels te laat klingel om aandag te trek.