Isaiah 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal die HERE die kroon van die hoof van die dogters van Sion met 'n skurfte slaan, en die HERE sal hulle skuilplekke ontdek.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sal hulle koppe ontsier. Ja, die Here sal hulle bles maak.
Afrikaans 1933/1953
daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.
Afrikaans 1983
sal Ek, die Here, hulle hare afskeer. Ja, die Here sal hulle koppe kaalskeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sal my Heer die vroue van Sion se skedels met skurfte aantas; die Here sal hulle voorhoofde ontbloot. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here sal hulle koppe vol sere maak, en hulle hare sal uitval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom sal Ek,” sê die Here, “elkeen se sluier afruk en haar kop kaal laat skeer. Ek sal hulle met hulle kaal koppe in die straat laat rondloop.”