Isaiah 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal kinders gee om hulle vorste te wees, en kindertjies sal oor hulle heers.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal Hy kinders aanstel wat oor hulle sal regeer, en wetteloosheid sal uitbreek.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.
Afrikaans 1983
Die Here sal aan onvolwassenes gesag gee oor die volk, wispelturige mense sal oor hulle heers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê: “Ek maak jong manne hulle bevelvoerders; kwaadwilliges sal oor hulle heers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal vir hulle amptenare gee wat jong seuns is, seuns wat sal doen wat hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sal kinders en onervare jongmense aanstel om oor die volk te regeer. Hulle sal al die gesag hê.