Isaiah 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer iemand sy broer van die huis van sy vader aangryp en sê: Jy het klere, wees jy vir ons, en laat hierdie puinhoop onder jou hand wees.
Afrikaans (NLV) 2011
In daardie tyd sal ’n man vir sy broer sê: “Omdat jy behoorlike klere het, moet jy ons leier kom wees! Kom regeer oor die ruïnes.”
Afrikaans 1933/1953
As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees --
Afrikaans 1983
As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sê: “Jy het darem nog behoorlike klere, wees ons leier en regeer oor hierdie vervalle spul,”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As 'n man sy familielid vasgryp in die huis van sy vader en sê, ‘Jy het 'n oorkleed, jy moet ons •gesagvoerder wees; hierdie puinhoop sal onder jou beheer wees,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Man sal sy broer gryp in sy pa se huis en vir hom sê: “Jy moet ons leier wees, want jy het mooi klere. Jy moet regeer oor hierdie stad wat nou 'n hoop klippe is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense van dieselfde familie sal in daardie tyd vir een van hulle familielede sê: “Luister, jy het darem nog klere, wees jy ons leier. Skep orde in hierdie chaos om ons!”