Isaiah 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dié dag sal hy sweer en sê: Ek sal geen geneesheer wees nie; want in my huis is geen brood of klere nie; maak my nie 'n owerste van die volk nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Nee!” sal hy antwoord. “Ek kan nie help nie. Ek het nie ekstra kos en klere in my huis nie. Moet my nie vra om betrokke te raak nie!”
Afrikaans 1933/1953
dan sal hy in die dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.
Afrikaans 1983
sal hy op daardie dag uitroep: “Ek wil nie die leiding neem nie! Daar is nie kos en ook nie behoorlike klere in my huis nie; moet my nie aanstel as leier van die volk nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sal hy op daardie dag teenstribbel en sê, ‘Ek is nie 'n geneser nie, en in my huis is geen brood en geen oorkleed nie. Julle mag my nie aanstel as gesagvoerder oor mense nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die broer sal sê: “Nee, ek wil nie julle leier wees nie, ek het nie kos en mooi klere in my huis nie, julle moet my nie die leier van die mense maak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hy sal sê: “ Nee, dankie, ek stel nie belang om leiding te neem nie. Ek het nie eens genoeg kos en klere vir my eie gesin nie. Ek wil nie betrokke raak nie.”