Isaiah 38:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die doderyk kan U nie loof nie, die dood kan U nie loof nie; die wat in die kuil neerdaal, kan nie op u waarheid hoop nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Want in die graf kan niemand U prys nie. Dooies kan nie u lof verkondig nie. Dié wat gesterf het, kan nie hoop op u trou nie.
Afrikaans 1933/1953
Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.
Afrikaans 1983
In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die doderyk sal U nie prys nie; die dood sal U nie loof nie. Dié wat na die put afdaal, verlaat hulle nie op u trou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het dit gedoen, want mense wat dood is, kan U nie loof en prys nie. Hulle kan nie aanhou hoop dat U sal doen wat U belowe het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat dood is, kan U tog nie loof en prys nie. Die dooies in hulle grafte hoop nie langer op u getrouheid nie.