Isaiah 52:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So baie was verbaas oor jou; sy aangesig was so geskend meer as enige mens, en sy gedaante meer as die mensekinders.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie mense was ontsteld toe hulle hom sien. Hy was so misvorm dat hy skaars soos ’n mens gelyk het.
Afrikaans 1933/1953
Soos baie hulle oor U verstom het -- so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos die van 'n mensekind nie --
Afrikaans 1983
Baie mense was ontsteld oor hom, hy was so misvormd dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos baie ontsteld was oor hom – so onmenslik misvormd was sy voorkoms, sy gestalte nie meer dié van 'n mens nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voorheen was baie mense verbaas oor hom. Hy het sleg gelyk, hy het amper nie meer soos 'n mens gelyk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Baie was ontsteld toe hulle hom sien. Hy was aaklig vermink. Hy het nie meer soos ’n mens gelyk nie.