Isaiah 56:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kom julle, sê hulle: Ek sal wyn gaan haal, en ons sal ons met sterk drank versadig; en môre sal wees soos vandag, en baie oorvloediger.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sê: “Kom, hier is die wyn! Laat ons dronk word van bier! Laat ons aanhou partytjie hou! Môre sal selfs nog beter wees as vandag.”
Afrikaans 1933/1953
Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!
Afrikaans 1983
Hulle sê: “Kom, hier is die wyn, kom ons slaan die bier weg! Môre sal soos vandag wees, selfs nog baie beter.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Kom!” sê een, “ek sal wyn gaan haal; kom ons word dronk van sterk drank! Die dag van môre sal net soos hierdie een wees – 'n buitengewone groot dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sê vir mekaar: ‘Kom ons drink nog wyn. Môre sal soos vandag wees, nee, dit sal nog beter wees.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sê: “Kom ons kry wyn in die hande. Ons drink tot ons dronk is. Môre sal dit selfs nog beter gaan as vandag!”