Isaiah 63:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat hulle gelei het deur die regterhand van Moses met sy glorieryke arm, en die water voor hulle uitgedeel het om vir hom 'n ewige naam te maak?
Afrikaans (NLV) 2011
Waar is die Een wat met sy magtige arm aan Moses se regterkant geloop het? Waar is die Een wat die waters voor sy volk oopgekloof het en vir Hom ’n ewige Naam gemaak het?
Afrikaans 1933/1953
Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom 'n ewige Naam te maak?
Afrikaans 1983
Waar is Hy wat sy groot mag saam met Moses laat gaan het, die waters voor sy volk oopgekloof het en vir Hom 'n ewige Naam gemaak het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat sy roemryke arm aan Moses se regterkant laat optrek het, wat water voor hulle oopgekloof het om vir Hom 'n ewige Naam te maak,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het sy krag vir Moses gegee en Hy het die water voor hulle oopgemaak. Die mense sal dit altyd onthou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het met sy krag die see voor hulle laat oopgaan toe Moses sy hand uitgesteek het. Hy het daarmee seker gemaak dat sy Naam vir altyd onthou sal word.