Isaiah 63:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die volk van u heiligheid het dit maar 'n kort tydjie in besit geneem; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.
Afrikaans (NLV) 2011
Vir ’n kort tyd kon u heilige volk u tempel besit. Maar nou het ons vyande dit verwoes.
Afrikaans 1933/1953
U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.
Afrikaans 1983
'n Kort rukkie kon u gewyde volk u tempel gebruik, maar ons vyande het dit verwoes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir 'n kort tydjie het u heilige volk dit besit, maar ons teenstanders het u heiligdom vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U gewyde volk het net 'n kort tydjie in die land gewoon. Toe het ons vyande gekom en hulle het u tempel verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons kon vir ’n kort rukkie U by die tempel aanbid. Ons vyand het dit ongelukkig verwoes.