Isaiah 63:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Hy het gesê: Waarlik, hulle is my volk, kinders wat nie lieg nie; daarom was Hy hulle Redder.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gesê: “Hulle is my eie volk. Hulle sal nie weer ontrou aan My word nie.” So het Hy hulle Redder geword.
Afrikaans 1933/1953
Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle 'n Heiland geword.
Afrikaans 1983
Hy het gesê: Hulle is my volk, kinders wat nie ontrou sal word nie. Daarom het Hy hulle gered
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gesê: “My volk is hulle beslis, kinders wat nie bedrieglik sal optree nie.” So het Hy vir hulle 'n verlosser geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Regtig, hulle is my volk, hulle is kinders wat nie vir My sal lieg nie.” Daarom het Hy hulle gered,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het gesê: Hulle is tog my eie volk. Hulle is my kinders wat My nie sal bedrieg nie. Hy het hulle bevry