Isaiah 64:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal U Uself hieroor onthou, o HERE? wil U swyg en ons baie swaar verdruk?
Afrikaans (NLV) 2011
Raak die dinge U dan nie, Here? Gaan U doodstil bly? Sal U aanhou om ons te laat ly, ons te kasty bo ons vermoëns?
Afrikaans 1933/1953
HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?
Afrikaans 1983
Raak hierdie dinge U dan nie, Here? Gaan U nie ingryp nie? Gaan U aanhou om ons te laat ly?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sal U oor hierdie gebeure U bedwing, Here? Sal U bly swyg, ons mateloos verneder?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U sien hierdie dinge, wil U niks doen om ons te help nie? Wil U altyd net stilbly en ons laat swaarkry?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaan U hierdie dinge dan maar net so los, Here? Gaan U maar net stilbly en toelaat dat ons so vreeslik swaarkry?