Isaiah 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder het die HERE vir my gesê: Neem vir jou 'n groot rol en skryf daarin met 'n man se pen oor Mahersalalhasbas.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het weer met my gepraat: “Maak ’n groot bord en skryf duidelik hierdie naam daarop: Maher-Shalal-Hash-bas, wat Plunder en roof is naby beteken.
Afrikaans 1933/1953
Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
Afrikaans 1983
Die Here het vir my gesê: Vat 'n stuk leer en skryf daarop met 'n pen: Plunder en roof is naby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir my gesê: “Vat vir jou 'n groot skryftablet en skryf met 'n gewone griffel daarop: Vinnig-buit-spoedig-roof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir my gesê ek moet hierdie naam met groot letters skryf: “Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir my gesê: Vat ’n stuk skryfpapier en skryf hierdie naam duidelik met ink daarop: Plunder-en-Roof-is-Naby.