Isaiah 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek sal wag op die HERE wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en na hom sal ek soek.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil wag op die Here, alhoewel Hy weggedraai het van die mense van Israel. My enigste hoop is op Hom.
Afrikaans 1933/1953
En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.
Afrikaans 1983
Ek vertrou op die Here wat Hom vir die nageslag van Jakob verberg, op Hóm hoop ek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal wag op die Here, wat sy gesig verberg vir die huis van Jakob; ek sal op Hom bly hoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here is nou kwaad vir die nageslag van Jakob, maar ek, Jesaja, sal aanhou wag totdat Hy help, ek sal aanhou hoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek vertrou op die Here. Al praat Hy nie nou met Israel nie, wag ek geduldig om te sien wat Hy gaan doen.