James 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons.
Afrikaans 1933/1953
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Afrikaans 1983
Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en verlei word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkeen wat verkeerde dinge doen, doen dit omdat hy self lus is om dit te doen. Hy wil die dinge baie graag doen, dit is vir hom soos 'n vangnet wat hom vang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[14-15] Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood.