James 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My broers, ag dit louter vreugde wanneer julle in allerhande versoekings val;
Afrikaans (NLV) 2011
My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.
Afrikaans 1933/1953
Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
Afrikaans 1983
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Beskou dit as 'n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[2-3] My vriende, daar gebeur partymaal met julle verskillende soorte slegte dinge wat vir julle toets. Die dinge wil vir julle laat ophou om God te dien. Julle moet baie bly wees wanneer dit gebeur, want julle weet dat wanneer hierdie dinge julle geloof so toets, dan help dit julle om aan te hou glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees.