James 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die toorn van die mens werk nie die geregtigheid van God nie.
Afrikaans (NLV) 2011
As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie.
Afrikaans 1933/1953
Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
Afrikaans 1983
'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die woede van 'n mens bewerk nie •geregtigheid voor God nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want wanneer 'n mens kwaad word, dan doen hy nie die dinge wat God wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moet jou net nie vererg nie, want wat gaan dit nou help? As jy jou humeur verloor, kan jy mos nie meer daarop ingestel wees om te doen wat God wil nie.