James 1:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, is hy soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n glas aanskou.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen.
Afrikaans 1933/1953
Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, die is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien;
Afrikaans 1983
Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want wie 'n hoorder van die woord is en nie 'n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in 'n spieël sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want wanneer iemand luister na God se boodskap en hy doen nie wat God sê nie, dan is hy soos 'n mens wat in 'n spieël na sy eie gesig kyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat net na God se woord luister sonder om te doen wat dit vra, is soos ’n man wat na homself in ’n spieël kyk. Hy sien daar hoe deurmekaar sy hare is. Hy draai dan om en stap weg sonder om sy hare te kam, omdat hy dadelik vergeet hoe deurmekaar sy hare is.