James 1:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy sien homself en gaan sy gang en vergeet dadelik watter soort mens hy was.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het.
Afrikaans 1933/1953
want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
Afrikaans 1983
hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer hy homself in die spieël gesien het en hy gaan weg, dan vergeet hy dadelik hoe hy gelyk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe anders is dit nie met iemand wat moeite doen om alles van God se wil te leer nie. Deur na die wil van God te luister word jy mos vry van al die slegte dinge wat jou lewe so deurmekaar kan krap.