James 1:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar elkeen wat insien na die volmaakte wet van vryheid en daarin bly, hy is nie 'n vergeetagtige hoorder nie, maar 'n dader van die werk, hierdie man sal geseën word in sy daad.
Afrikaans (NLV) 2011
As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet — dié wet wat ’n mens vrymaak — en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.
Afrikaans 1933/1953
Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Afrikaans 1983
Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n doener.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar iemand is gelukkig wanneer hy goed luister na die wette van God, die wette wat heeltemal reg is en wat 'n mens vry kan maak. As so iemand aanhou luister, dan vergeet hy nie wat hy gehoor het nie, nee, hy doen dit. En so 'n mens sal regtig gelukkig wees omdat hy doen wat die wette van God sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat so ernstig in God se wil belangstel en dit wat hy daar hoor ook gaan doen, het die ware geluk en sin van die lewe ontdek.