James 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die broeder van geringe graad hom verheug omdat hy verhewe is:
Afrikaans (NLV) 2011
Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.
Afrikaans 1933/1953
Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,
Afrikaans 1983
'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat die broer wat gering is, hom op sy hoë aansien beroem,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Gelowige wat onbelangrik en arm is, moet bly wees dat die Here dink hy is belangrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God werk anders as ons met mense. Vir Hom is daardie arm man of vrou wat in nederige omstandighede bly, baie belangrik. Vir julle met wie dit so gaan, moet dit baie moed gee. Die rykes in die groot huise moet weet dat die status wat geld gee, nie by God tel nie.