James 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My broeders, moenie die geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, met respek vir die persoon hê nie.
Afrikaans (NLV) 2011
My broers en susters, hoe kan julle beweer julle glo in ons Here Jesus Christus aan wie die heerlikheid behoort, terwyl julle sommer so op die uiterlike af tussen mense diskrimineer?
Afrikaans 1933/1953
My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
Afrikaans 1983
My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My broers, julle geloof in ons Here Jesus •Christus, die Here van die heerlikheid, moet so wees dat julle nie iemand na die uiterlike beoordeel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, julle glo in die Here Jesus Christus wat die Koning is. Daarom moet julle nie dink dat een mens belangriker is as 'n ander mens nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Christene, niemand is of kan so belangrik wees soos ons Here Jesus Christus nie. Moenie nou sê julle is hierdie Here s’n en dan omdraai en gaan kruip voor mense met baie geld of status nie. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.