James 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want elkeen wat die hele wet onderhou en tog in een opsig aanstoot neem, hy is aan almal skuldig.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree.
Afrikaans 1933/1953
Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
Afrikaans 1983
As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want wie die hele wet probeer onderhou, maar een wet oortree, is aan almal skuldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer 'n mens nie doen wat een van die wette van God sê nie, maar hy doen wat al die ander wette sê, dan is hy so skuldig soos iemand wat verkeerd gedoen het teen al die wette van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit help nie dat ’n mens die meeste van God se wette presies hou, maar jou aan een van hulle nie steur nie. Al is dit net daardie één wat jy nie wil doen nie, is dit so goed of jy die rug draai vir alles wat God van jou vra.