James 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Hy wat gesê het: Moenie egbreuk pleeg nie, het ook gesê: Moenie doodslaan nie. En as jy geen egbreuk pleeg nie, maar as jy doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Want dieselfde God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy dan nou aan jou huweliksmaat getrou is, maar tog moord pleeg, het jy mos al die gebooie oortree.
Afrikaans 1933/1953
Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.
Afrikaans 1983
God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog 'n oortreder van die hele wet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want Hy wat gesê het, “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy dus nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord pleeg, is jy 'n oortreder van die wet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want God het gesê: “ Jy mag nie egbreuk pleeg nie.” Hy het ook gesê: “Jy mag nie iemand doodmaak nie.” As jy nie egbreuk pleeg nie, maar jy maak iemand dood, dan doen jy nie wat die wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dieselfde God wat gesê het: “Moenie ’n verhouding met iemand anders buite jou huwelik aangaan nie,” het ook gesê: “Moenie iemand doodmaak nie.” Al bly jy hoe getrou aan jou huweliksmaat, maar jy maak iemand dood, het jy God se wet gebreek. Dan is jy ’n wetbreker.