James 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So spreek julle en doen so, soos hulle wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
Afrikaans (NLV) 2011
Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde.
Afrikaans 1933/1953
Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
Afrikaans 1983
Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Praat so, en tree so op, asof julle deur die wet van vryheid geoordeel gaan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer julle praat of iets doen, dan moet julle altyd onthou dat God julle sal oordeel. God sal julle oordeel met die wette wat vir mense vrymaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Praat en tree op soos mense wat baie ernstig is om presies te doen wat God van hulle vra. Julle weet mos dat God julle dade by die finale oordeel volgens sy wet gaan toets. Die wet help ’n mens om die grypende kloue van die kwaad te systap.