James 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy sal sonder barmhartigheid geoordeel word wat geen barmhartigheid bewys het nie; en barmhartigheid is bly teen die oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel.
Afrikaans 1933/1953
Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
Afrikaans 1983
Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die oordeel is immers sonder ontferming oor hulle wat nie ontferming betoon het nie. Ontferming triomfeer oor die oordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want wanneer God oordeel, dan sal Hy nie jammer wees vir mense wat nie goed was vir ander mense nie. Maar as mense goed was vir ander mense, dan sal God nie vir hulle straf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat ander mense sonder werklike liefde en gevoel behandel, sal dieselfde liefdeloosheid en gevoelloosheid by die finale oordeel ervaar. As iemand egter liefdevol en sensitief teenoor ander optree, beteken dit dat daar by die oordeel niks teen so ’n persoon gesê sal word nie.