James 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy geloof het en geen werke het nie? kan geloof hom red?
Afrikaans (NLV) 2011
My broers en susters, wat help dit as ’n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? Só ’n geloof kan jou nie verlos nie.
Afrikaans 1933/1953
Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Di, geloof kan hom tog nie red nie?
Afrikaans 1983
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, dit help niks as julle sê dat julle in God glo, maar julle doen nie wat God wil hê nie. As julle so glo, dan sal dit julle nie red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Liewe broers en susters, dink julle dit gaan help as iemand oral rondvertel dat hy glo, maar glad nie soos ’n gelowige optree nie? Die blote gepratery oor geloof is tog nie genoeg om so ’n mens se saak met God reg te maak nie. Luister na die volgende storie en dan sal julle verstaan wat ek bedoel.