James 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En een van julle sê vir hulle: Gaan weg in vrede, word julle warm en versadig; maar julle gee hulle nie die dinge wat vir die liggaam nodig is nie; wat baat dit?
Afrikaans (NLV) 2011
en jy sê: “Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,” maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan?
Afrikaans 1933/1953
en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie -- wat baat dit?
Afrikaans 1983
en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en een van julle sê miskien vir so 'n persoon: “Ek hoop dit gaan goed met jou, jy moet warm klere aantrek en genoeg eet.” Maar as julle nie vir daardie persoon gee wat hy nodig het nie, dan moet julle weet dat dit niks help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een van julle sê vir die arme man of vrou: “Ek sien dit gaan sleg met jou, maar ek wens regtig dat dit sommer gou beter sal gaan. Ek hoop jy kry iets om aan te trek en kos om te eet.” Nadat hy dit gesê het, draai hy net daar om en doen nie ’n steek verder om te help met wat die arme man of vrou nodig het nie. Wat het al hierdie woorde nou miskien gehelp? Net mooi niks nie.