James 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net so is die geloof, as dit geen werke het nie, dood omdat dit alleen is.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie — sulke geloof is dood en help niks.
Afrikaans 1933/1953
Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
Afrikaans 1983
So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So gaan dit ook met mense wat sê dat hulle in God glo, maar hulle doen nie wat Hy wil hê nie. Om so te glo, beteken niks, daardie geloof is dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.