James 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy glo dat daar een God is; jy doen goed: die duiwels glo ook en bewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy glo dat daar net een God is. Die demone glo dit ook — en hulle sidder, so bang is hulle!
Afrikaans 1933/1953
Jy glo dat God,,n is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
Afrikaans 1983
Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook — en hulle sidder van angs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy glo dat daar een God is, en dit is reg. Die duiwels glo dit ook en hulle is so bang dat hulle bewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy is oortuig daarvan dat daar net een God is. Dit is ook so. Maar dié soort geloof red ’n mens nie noodwendig nie - die duiwels is ook oortuig dat God bestaan en al wat dit aan hulle doen, is dat hulle aan die bewe raak wanneer hulle dit besef.