James 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Was ons vader Abraham nie geregverdig deur werke toe hy sy seun Isak op die altaar geoffer het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Ons voorvader Abraham se geloof het dade geword: Hy het sy seun Isak op die altaar gelê en God het hom vrygespreek.
Afrikaans 1933/1953
Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
Afrikaans 1983
Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Abraham, ons voorvader, het sy seun Isak na die altaar gebring om hom te offer. Julle weet dat God hom vrygespreek het omdat hy gedoen het wat God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Neem nou maar vir Abraham, ons geestelike vader. Hy het bo alle twyfel bewys dat sy verhouding met God reg is toe hy sy seun Isak op die altaar wou offer soos God van hom gevra het. Hy het nie net gepraat nie, maar gedoen ook.