James 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sien jy hoe geloof saamgewerk het met sy werke, en deur die werke die geloof volmaak geword het?
Afrikaans (NLV) 2011
Jy sien dus dat sy geloof gepaardgegaan het met sy dade, en die geloof uit die dade volmaak geword het.
Afrikaans 1933/1953
Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
Afrikaans 1983
Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaardgegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou kan jy verstaan dat Abraham gesê het hy glo in God, want hy het gedoen wat God wil hê. Ja, hy het gedoen wat God wil hê, en dít het gewys dat hy heeltemal in God glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By hom kan ons mooi sien hoe die verhouding met God en die gehoorsame lewe vir God eintlik saamwerk. Dit is soos twee kante van dieselfde munt. Eers as iemand vir God lewe, is sy verhouding met God soos dit behoort te wees.