James 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle sien dan dat die mens uit die werke geregverdig word en nie alleen uit die geloof nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle sien dus dat ’n mens óók op grond van sy dade vrygespreek word en nie net op grond van sy geloof nie.
Afrikaans 1933/1953
Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
Afrikaans 1983
Julle sien dus dat 'n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle sien dus dat 'n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet verstaan dat God 'n mens vryspreek omdat daardie mens dóén wat God wil hê. God spreek hom vry, maar Hy doen dit nie net omdat die mens sê dat hy in God glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle sien dus hoe belangrik dit is om te doen wat God vra. As dit om die regte verhouding met Hom gaan, is dit nie genoeg om slegs te weet dat God daar is en Hom te aanvaar nie.