James 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So ook is Ragab, die hoer, nie geregverdig uit werke toe sy die boodskappers ontvang het en hulle op 'n ander pad uitgestuur het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Ragab die prostituut is nog ’n voorbeeld. God het haar vrygespreek op grond van haar dade toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ’n ander pad laat wegkom het.
Afrikaans 1933/1953
En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?
Afrikaans 1983
Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met 'n ander pad laat ontkom het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle weet ook dat God vir Ragab, die prostituut, vrygespreek het omdat sy gedoen het wat Hy wou hê. Sy het die spioene genooi om in haar huis in te kom en sy het vir hulle gehelp om weg te gaan op 'n ander pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dink nou maar aan Ragab. Sy was mos daardie straatvrou van Jerigo. Was dit nie juis haar optrede - toe sy die spioene van Israel versorg en in ’n veilige rigting weggestuur het - wat gewys het dat haar verhouding met die Here reg is nie?