James 2:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is die geloof sonder die werke ook dood.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.
Afrikaans 1933/1953
Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Afrikaans 1983
'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is geloof ook dood wanneer 'n mens nie doen wat God wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Liggaam sonder lewe daarin is dood. Geloof, sonder dat die persoon ook die wil van die Here doen, is net so dood.