James 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is julle dan nie partydig in julleself en het regters van bose gedagtes geword nie?
Afrikaans (NLV) 2011
sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?
Afrikaans 1933/1953
het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
Afrikaans 1983
het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak, en regters met slegte oorwegings geword nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan dink julle dat die een persoon belangriker is as die ander persoon. Dan is julle soos regters wat verkeerd besluit omdat hulle verkeerd dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Het julle dan nie eintlik gesê dat party mense (oor wat hulle besit of wie hulle is) belangriker as ander is nie? Dis tog verkeerd! As julle party beter as ander behandel omdat hulle vir julle ryker of belangriker lyk, tree julle nie soos Jesus op nie. Dan doen julle presies wat ’n klomp slegte mense sou doen.