James 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laster hulle nie daardie waardige naam waarheen julle uitgeroep is nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Is dit nie juis hulle wat Christus, wie se Naam julle as Christene dra, belaster nie?
Afrikaans 1933/1953
Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?
Afrikaans 1983
Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie hulle wat die goeie Naam belaster wat oor julle uitgeroep is nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En julle weet ook goed dat dit die ryk mense is wat die mooi Naam van God laster, God aan wie julle behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is dit nie dieselfde mense wat vir julle so maklik voor almal van allerhande lelike dinge beskuldig nie? Is dit nie ook hulle wat omdraai en Hom beledig wat vir julle so belangrik is nie?