James 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as julle vir die persoon respek het, doen julle sonde en is julle as oortreders oortuig van die wet.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde, want juis hierdie wet brandmerk julle dan as oortreders.
Afrikaans 1933/1953
Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.
Afrikaans 1983
Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As julle egter mense volgens hulle uiterlike beoordeel, doen julle sonde, en word julle deur die wet as oortreders aan die kaak gestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as julle dink een persoon is belangriker as 'n ander persoon, dan doen julle sonde, en die wette wys dan dat julle nie gehoorsaam is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle egter party mense begin voortrek en beter behandel as ander omdat hulle menslik gesproke belangrik lyk, doen julle nie wat God van julle vra nie. Volgens die wet van die Koning is julle dan niks beter as tronkvoëls wat nie wil luister na sy wet nie.