James 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My broers, wees nie baie meesters nie, omdat jy weet dat ons die groter veroordeling sal ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011
My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel.
Afrikaans 1933/1953
Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.
Afrikaans 1983
My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie almal leermeesters wil wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons strenger geoordeel sal word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, julle moenie almal probeer om vir ander mense te leer nie. Julle weet dat God swaarder sal oordeel oor ons wat vir ander mense leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My vriende, daar moenie te veel van julle wees wat die ander in die gemeente wil leer nie. Dit is ’n verantwoordelike werk. God stel strenger eise aan sulke mense. Wanneer Hy ons finaal oordeel, sal Hy dié wat ander geleer het volgens daardie strenger eise beoordeel.