James 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kan die vyeboom, my broers, olyfbessies dra? óf 'n wingerdstok, vye? so kan geen fontein beide soutwater en vars lewer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Kan jy olywe van ’n vyeboom afpluk, of vye van ’n druiwestok? Net so min as wat ’n brak bron vars water kan voortbring!
Afrikaans 1933/1953
'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
Afrikaans 1983
'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra, of 'n druiwestok vye nie? 'n Brak fontein kan ook nie soet water gee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
My vriende, 'n vyeboom kan nie olywe dra nie en 'n wingerdstok kan ook nie vye dra nie, dit is seker. Dit is dieselfde: Daar kan nie soet water kom uit 'n fontein wanneer sy water sout is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vriende, het julle al na ’n perskeboom geloop om te gaan druiwe pluk, of na ’n vyeboom om perskes te soek? Net so min kan daar vuil en skoon water tegelyk uit ’n kraan loop. Dit geld vir die tong ook.