James 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie is 'n wyse man en toegerus met kennis onder julle? laat hom uit 'n goeie gesprek sy werke met sagmoedigheid van wysheid openbaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Aangesien julle wys is en verstaan wat God wil hê, moet julle sorg dat julle leefstyl goed is. Julle wysheid moet juis in nederige gedrag sigbaar word.
Afrikaans 1933/1953
Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
Afrikaans 1983
Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie onder julle is wys en verstandig? Laat hy deur goeie gedrag sy dade met sagmoedige wysheid toon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer een van julle dink dat hy wysheid het en verstandig is, dan moet hy wys dat hy verstandig is. Hy moet reg lewe en hy moet doen wat die Here wil hê, hy moet nederig wees soos 'n wyse mens moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie van julle het die lewenswysheid om te verstaan hoe ’n mens die spel van die lewe sinvol en reg moet speel? Laat hy dit wys deur die manier waarop hy hom gedra. Nederig en op sy plek moet hy doen wat God wil hê ’n mens moet doen om sinvol te leef.