James 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die vrug van geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Afrikaans (NLV) 2011
Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God.
Afrikaans 1933/1953
En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
Afrikaans 1983
Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die vrug van •geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense wat reg doen, maak vrede tussen mense, en hulle lewe self ook in vrede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is belangrik om in vrede met mekaar te leef. Sorg dat waar jy gaan, vrede jou soos ’n skaduwee sal volg. Om in vrede met mekaar te leef is reg en mooi voor God.