James 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want alle soorte diere en voëls en slange en dinge in die see word getem en is deur die mensdom mak gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mens kan elke soort dier, voël, reptiel en seedier mak maak,
Afrikaans 1933/1953
Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.
Afrikaans 1983
Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want elke soort wilde dier en voël, en kruipende dier en seedier, word en is getem deur die mensdom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want 'n mens kan al die verskillende soorte wilde diere en voëls mak maak, ook diere wat kruip en seediere. Die mense hét hulle al klaar mak gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mens kan baie dinge regkry. Hy kan en het al allerhande diere mak gemaak, byvoorbeeld voëls of slange of selfs dolfyne of ander visse. Maar een ding kan hy nie regkry nie.