James 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die tong kan niemand tem nie; dit is 'n weerbarstige euwel, vol dodelike gif.
Afrikaans (NLV) 2011
maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif.
Afrikaans 1933/1953
Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
Afrikaans 1983
maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is 'n rustelose kwaad, vol dodelike gif.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar geen mens kan die tong tem nie; dit is 'n onbestendige kwaad, vol dodelike gif.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar niemand kan die tong mak maak en oor hom regeer nie. Die tong sê slegte dinge en niemand kan dit stilmaak nie. Die tong is so gevaarlik soos gif wat mense kan doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy kan nie sy tong mak maak om net die regte dinge te sê en te keer voordat die lelike en verkeerde dinge uitglip nie. Dis of die tong altyd soek om iets verkeerds te sê. Dit is soos ’n slang met dodelike gif, reg om te pik.