James 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waar kom oorloë en gevegte onder julle vandaan? kom hulle nie daarvandaan nie, selfs uit julle begeerlikhede wat in julle lede oorlog voer?
Afrikaans (NLV) 2011
Waar kom die rusies en gevegte onder julle vandaan? Is dit nie julle sondige drange wat julle ledemate soos soldate gebruik om te veg nie?
Afrikaans 1933/1953
Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?
Afrikaans 1983
Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waar kom al die oorloë en gevegte onder julle vandaan? Kom dit nie van julle begeertes, wat in julle ledemate oorlog voer nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle weet goed hoekom julle twis en baklei met mekaar. Dit is omdat julle so baie slegte dinge wil hê vir julleself. Die dinge wat julle wil hê, baklei met mekaar in julle harte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir wat stry en baklei julle so? Wat is verkeerd? Is dit nie omdat elkeen altyd net aan homself dink nie? Kom dit nie van daardie gevoel dat net wat vir jou lekker of belangrik is, saak maak nie? Dit is maar hoe ons as mense is.