James 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het sy vrugte voortgebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hy vir reën gebid het, het God reën gegee. Die plante het weer gegroei.
Afrikaans 1933/1953
en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
Afrikaans 1983
Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het sy vrug opgelewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het Elia weer gebid, en die reën het uit die lug gekom, en die aarde het sy plante laat groei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe bid hy weer en toe begin dit reën. Dit het soveel gereën dat alles weer grasgroen en pragtig was.