Jeremiah 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek sal my woord haas om dit te doen.
Afrikaans (NLV) 2011
En die Here het vir my gesê: “Ja, dit is ’n amandeltakkie. En dit beteken dat Ek oplet en gereed staan om te doen wat Ek gedreig het om te doen.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.
Afrikaans 1983
Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die Here vir my: “Jy het goed gekyk, want Ek is bedag daarop om my woord uit te voer. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Here vir my: “Jy het reg gesien, want Ek bly wakker om te doen wat Ek gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die Here het vir my gesê: “Jy is reg, dit is ’n amandeltakkie. Die amandelboom is gevoelig en weet altyd eerste dat die lente naby is, dan maak hy bloeisels. Net so sal Ek ook fyn aanvoel en sorg dat wat Ek gesê het moet gebeur, op die regte tyd sal gebeur.”