Jeremiah 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom en elkeen sy troon opstel by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek laat die mense van al die koninkryke in die noorde na Jerusalem kom,” sê die Here. “Hulle sal hulle trone kom neersit by die ingang van die hekke. Hulle sal Jerusalem se mure aanval en al die ander dorpe van Juda binneval.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.
Afrikaans 1983
Ek gaan alle volke, alle koninkryke van die noorde af roep, sê die Here. Hulle konings sal elkeen sy troon kom oprig voor die poorte van Jerusalem, by die mure rondom die stad en by al die stede van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want kyk, Ek gaan al die familiegroepe van die koninkryke in die noorde oproep,” is die uitspraak van die Here, “en hulle sal kom en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van Jerusalem se poorte, en by al haar stadsmure reg rondom, en by al die dorpe van Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Ek roep nou al die konings van die lande in die noorde. Hulle sal kom, en elkeen sal sy troon neersit voor die poorte van Jerusalem, Jerusalem met sy sterk mure. Hulle sal begin om die mense van Jerusalem te oordeel en te straf, en ook die mense van die stede van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek beveel al die konings in die noorde om Jerusalem toe te kom. Hulle sal na die ingange van Jerusalem toe kom en elkeen vir hom ’n plek kry waar hy kan baasspeel. Hulle sal Jerusalem se mure probeer afbreek om so in die stad in te kom. Hulle sal ook van die ander stede in Juda aanval.