Jeremiah 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal my oordele uitspreek teen hulle aangaande al hulle boosheid, wat My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en die werke van hulle eie hande aanbid het.
Afrikaans (NLV) 2011
So sal Ek my oordeel uitspreek oor my volk oor al hulle boosheid. Hulle het My verlaat en ander gode vereer. Ja, hulle buig voor die beelde wat hulle met hulle eie hande gemaak het!
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.
Afrikaans 1983
Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal my oordele oor hulle uitspreek weens al hulle boosheid – omdat hulle My verlaat het, vir ander gode offers verbrand het en voor hulle handewerk in aanbidding gebuig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So sal Ek die mense in die land oordeel en straf oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het opgehou om My te dien. Hulle het wierook-offers gebring vir ander gode en hulle het beelde aanbid wat hulle self gemaak het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op dié manier sal Ek my mense in Juda straf vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Hulle was nie lojaal aan My nie. Hulle het agter ander gode aangeloop. Die ergste is, hulle het hierdie beelde met hulle eie hande gemaak en dan buig hulle sowaar voor so ’n beeld asof dit ’n regte god is!